Tuisblad

Jou Geestelike Tuiste

Hartlik Welkom by die Witrivier Baptiste Kerk se Webwerf

Ons is ‘n God-gesentreerde, Jesus Christus gefokusde en ‘n Bybelsgefundeerde Kerk wat deur Eksposerende (Skrif Verklarende) Prediking God se Woord aan die mensdom oor dra. Ons besef ons is ‘n groep onvolmaakte mense wat ons vertroue in ‘n volmaakte Verlosser gestel het. Ons is gered deur God se genade alleen, deur geloof in Jesus Christus alleen, en streef om uitsluitlik te leef vir God eer. Ons glo dat die plaaslike kerk die God-aangestelde plek is vir ons om mekaar dien, lief te moet hê en onderrig, terwyl ons Christus se voorbeeld navolg. Ons glo dat God se Woord die hoogste gesag vir die hele lewe en geloof is. Ons poog dus om dit te eer en daarvolgens te leef terwyl ons gereeld bymekaarkom om mekaar aan te moedig, toe te rus en voortdurend vir mekaar te bid. En te midde van al ons diversiteit word ons deur die Goeie Nuus van Jesus Christus verenig.

Although we are mostly an Afrikaans Congregation, we also serve English speaking people with dual language preaching and also have English people attending our services.

U is welkom om ons Webtuiste verder te ondersoek en ook enige tyd welkom om fisies by ons aan te sluit.