Vir ons gemeentes is waarheid kardinaal belangrik. Anders as die moderne wêreld waarin alles relatief is, glo ons dat waarheid absoluut is. God is waarheid ( Joh.14:6 ) en as gemeentes is ons onbeskaamd verbind tot Hom en Sy waarheid soos aan ons bekend gemaak in die Bybel ( Joh.17:17 ).
Wat glo die Baptiste Kerke?
Terwyl ons as gemeentes ons identiteit verkry vanuit Jesus Christus ons HERE se reddingswerk in ons lewens, is ons ook nie skaam om onsself te identifiseer met Baptisme nie. As Baptiste het ons histories ’n herkoms wat getuig van Bybel-gefundeerdheid tot lof van die heerlikheid van God.
Wat ons in terme van geloofsoortuigings onderskei van ander evangeliese kerkgroepering word uiteengesit in die aangehegte dokument.
Onderskrywing van die Baptiste Beginsels
As gemeentes glo ons onbeskaamd aan die soewereine beskikking van God in alles. Daarom is dit vir ons ’n voorreg om in eenvoud terug te kyk na die pad wat God ook met ons as denominasie gestap het. Soos Jesaja aanskou ons met dankbaarheid die rots waaruit God ons gekap het ( Jes. 51:1 ). In die aangehegte dokument kan elke leser hom verlustig in die guns van God waaruit ons as Baptiste kerke gebore is.
So het God ons skredes gelei – Deel 1