Tuisblad

Hartlik Welkom by die Springs Baptiste Kerk se Webwerf

Ons is ‘n Christus gesentreerde kerk wat op die waarhede van die Woord geplant is. Ons glo dat die Woord die hoogste gesag dra en dat Christus die ware hoof van die kerk is. As die Liggaam van Christus streef ons daarna om alle eer en glorie aan Hom, Vader, Seun en Gees,  te bring. Ons streef daarna deur ons visie uit te leef wat saamgevat word in Kolossense 1 :28-29 wat se, “Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel”. Ons missie vloei dan hier uit en ons groot opdrag is in Matt. 28:19-20, “19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”