Ons gemeente is ‘n redelike jong gemeente en is in 1998 gestig Die gemeente het op die oomblik ‘n ledetal van 43 en is ‘n klein maar hegte groepie wat steeds deur die selfde dryfveer naamlik die begeerte om die Boodskap van Jesus Christus uit te dra, nie net met woord nie maar ook met ‘n gesonde Christelike lewenstyl.

Ons geloof lê geanker in die volgende kernwaardes –
- Ons glo in ‘n Drie-enige God – 1 Joh. 5:7
- Aanvaar Jesus Christus as ons enigste Verlosser – Joh. 14:6
- Hou die Bybel as ons finale maatstaf – Joh. 10:27
- Neem God se Missie as ons eie aan – Mat. 28:19,20
- Kerk, ons is saam hierin – Ef. 4: 11-16
Ons Missie
Om te arbei volgens Sy Wil wat in ons werk, om afgedwaaldes terug te lei na die waarheid van die Woord.
Joh. 17:17 – “Heilig hulle in die waarheid, U Woord is die waarheid.”
Ons Visie
Sodat gelowiges sal groei tot volmaaktheid in Christus Jesus.
Die gemeente is geaffiliëer met die Afrikaanse Baptiste Kerke.
TEOLOGIESE BEGINSELS

Ons as Baptiste Kerk is baie gesteld op die Waarheid. In die wêreld van vandag is mense opsoek na die waarheid, maar nie altyd op die regte plek nie. God is Waarheid. Hy het Sy Woord as Waarheid vir ons gegee en dit is die maatstaf waarvolgens ons ons lewens inrig. Ons wil Hom vereer en verheerlik.
(Joh 17:17) “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid
BAPTISTE BEGINSELS
Ons identiteit as gelowiges lê in Jesus Christus opgesluit. In die verlossing wat Hy vir ons verkry het.
Ons geloof is eeue oud en Bybelgefundeerd en ons onderskryf die beginsels wat ons van ander evangeliese kerke onderskei. Kliek hier om meer te lees.

ONS GESKIEDENIS

Die Afrikaanse Baptiste het ‘n besondere ryke geskiedenis in Suid-Afrika. Ons glo dat God alles beskik en so het Hy die ABK in ons land opgerig deur die soeke van Jacobus Daniël Odendaal na die waarheid in die Skrif.
Lees hier oor die ABK se geskiedenis in Suid Afrika.