•   1 Van Riebeeck Weg, Kemptonpark, Gauteng
  •   011 394 2223
  •   abk@abk.co.za
   Search
   
Login
  • Tuisblad
  • Meer Oor Ons
  • Verslae en Gebeure
  • Gemeentes
  • Ander Skakels
    • -ABK Teologiese Seminarium
    • -ABK Sendelinge
    • -Die Goeie Tyding
  • Kontak

Geagte besoeker,

Hartlik welkom by die amptelike webwerf van die Afrikaanse Baptiste Kerke.

Die Afrikaanse Baptiste Kerke (A.B.K) is ’ n assosiasie van Baptiste gemeentes wat dit gemeenskaplik ten doel het om God te verheerlik in elke deel van gemeente-wees soos wat dit vir ons voorgeskryf word in die Bybel.

In die A.B.K strewe elke gemeente om met Jesus Christus as die Hoof te kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus (Efesiërs 4:13). In kort beteken dit dat ons as gemeentes op so ’ wyse wil leef na binne en na buite dat Christus duidelik sigbaar sal wees as Hoof van Sy liggaam en dat Hy bewonder en verheerlik sal word. As gemeentes wil ons graag ’n Lewende Refleksie wees van die Lewende God!

Ons glo onbeskaamd aan en staan onbeskaamd op alles wat geskryf is in die Bybel. Elke gemeente onderskryf en aanvaar die Bybel as die onteenseglike en onfeilbare Woord van God.

Besoek gerus die res van ons webwerf en leer die A.B.K beter ken soos wat dit weergegee word in die verskillende skakels op ons webblad. Voel asseblief vry om met ons kontak te maak op die verskeie wyses onder die “kontak ons” opsie.

Dit is ons begeerte dat ook hierdie webblad ‘n bydrae kan lewer tot die verheerliking van God in die lewens van elkeen wat dit besoek.

For all official updates regarding COVID-19 from the Department of Health, visit www.sacoronavirus.co.za
Designed by Think Aspects : Terms Of Use : Privacy Statement

Straatadres:

Afrikaanse Baptiste Kerke Kantoor
Van Riebeeck weg 1, Allen Grove, Kemptonpark. 1619

Posbus 10432, Aston Manor. 1630

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag
08h00 tot 16h00

Kontak Besonderhede:

Tel: 011 394 2223
Sel: 074 721 3022
E-pos: abk@abk.co.za

Bankbesonderhede:

ENB - Woodbridge
Lopend - 205609
Rek: 51180009082

Designed by Think Aspects : Terms Of Use : Privacy Statement